Inligting

 

Uit die hoof se kantoor:

Laerskool Sonop strewe daarna om ons kinders vir hul lewenspad voor te berei en toe te rus deur hulle in totaliteit op te voed. Ons doel is om ons kinders verstandelik en geestelik te slyp, asook n grondslag te lê, waarop hulle in die toekoms kan voortbou.

Ons ideaal is om aan ons kinders slegs die beste te bied. Mag ons mekaar aanvul en ondersteun om hierdie ideaal te bereik. Dit is dus ons voorreg om medeverantwoordelikheid te aanvaar vir die opvoeding van ons kinders.

Ons skool het oor die jare heen gegroei sodat dit vandag, vir diegene wat aan ons skool verbonde was en nog steeds is, besondere waarde het.

Ons as mede-opvoedingsvennoot, nooi ons ouers en voornemende ouers uit om aktief mee te doen aan die geleenthede en aktiwiteite wat die skool aanbied, ter bevordering van die vorming van ons kinders.