Akademie by Laerskool Sonop

By Laerskool Sonop poog ons om nooit te vergeet dat ons skool primêr ’n instansie vir onderrig en leer is nie. Om hierdie rede bestuur ons die skool op so ’n wyse dat ons seker maak dat elke kind by Laerskool Sonop op akademiese gebied tot sy of haar volle potensiaal sal ontwikkel.


In ons strewe na gehalte onderrig en leer streef ons op akademiese gebied na...

  • Voldoende kontaktyd tussen opvoeders en leerders.

  • Kwaliteitonderrig deur elke opvoeder.

  • Effektiewe monitering en verslaggewing van elke leerder se vordering.

  • Addisionele hulp vir leerders met leerprobleme.

  • Die daarstelling van ’n gestruktureerde en ondersteunende leeromgewing.

Verder beywer die skool en personeel hulself, in noue samewerking met die ouergemeenskap en ander belanghebbendes om die beste moontlike onderwysbedeling vir ons leerders te bied.

 

Akademiese prestasies  2023

 

Top 10 leerdeers in elke graad in Kwartaal 1 van 2023.